- 93.4fm – Radio Namakwaland – Die beste in die weste. - http://www.934fm.co.za -

An se melkkos

Posted By Natasha Basson On 13/07/2018 @ 3:08 pm In An-na-na Resepte | No Comments

Gooi 1 L melk en 1 E botter in kastrol en bring tot kookpunt.  Terwyl melk warm word, skep 3/4 k koekmeel en 1/2 t sout in plat bak. Sprinkel 2-4 E water oor meel en roer met vurk deur tot meel frummels maak.  Skakel stoofplaat op laagste en goor meel-frummels in melk terwyl jy met vurk deurroer.   Kook saggies, terwyl jy roer, vir 4 minute.  Skep in diep bakkies en sprinkel met suiker en kaneel na smaak.    [As die melkkos te dun lyk, roer 2 t maizena, gemeng met bietjie koue water, by.   Dit maak melkkos romerig.


Article printed from 93.4fm – Radio Namakwaland – Die beste in die weste.: http://www.934fm.co.za

URL to article: http://www.934fm.co.za/12562/

Copyright © 2013 93.4fm - Radio Namakwaland - Die beste in die weste.. All rights reserved.