- 93.4fm – Radio Namakwaland – Die beste in die weste. - http://www.934fm.co.za -

Posted By Natasha Basson On 14/08/2018 @ 3:10 pm In An-na-na Resepte | 1 Comment

Gooi 4 k kookwater in groot kastrol, voeg 1 t sout by.   Sodra water kook, draai op laagste hitte.  Roer 1 en 1/2 k koekmeel vinnig by met draadklitser by..  Klits aanhoudens tot stywe gladde deeg.    Haal van stoof. Gooi dik kaneelsuiker op bodem van glasbak.   Skep kluitjies met ‘n lepel, gedoop in warm water, op kaneelsuiker.  Gooi dik kaneelsuiker oor en ook klontjies margarine.  Skep volgende laag kluitjies oor en herhaal met kaneelsuiker en stukkies margarine.  Hou aan tot deeg opgebruik is. Heel laaste kaneelsuiker en baie stukkies margarine.   Sit deksel op en plaas in lou-warm oond tot jy opskep.


Article printed from 93.4fm – Radio Namakwaland – Die beste in die weste.: http://www.934fm.co.za

URL to article: http://www.934fm.co.za/12997/

Copyright © 2013 93.4fm - Radio Namakwaland - Die beste in die weste.. All rights reserved.