- 93.4fm – Radio Namakwaland – Die beste in die weste. - http://www.934fm.co.za -

An se Sadebrood

Posted By Natasha Basson On 23/08/2018 @ 3:01 pm In An-na-na Resepte | No Comments

In mengbak: 750 ml wit/bruinbrood meel, 650 ml volkoringmeel [nuttywheat] 1 k rou hawermout, 1 E suiker, 2 t sout, 1 pakkie + 1 t kitsgis, 1 k sonneblompitte, 1 k pampoenpitte en 2 handevol rosyne.    Meng in groot beker: 1 L louwarm water en 50 ml kookolie.   Roer by meelmengsel met houtlepel. Voeg nog water by indien te styf. Deeg moet slapperig wees.  Maak toe met skoon doekie en laat vir 20 minute staan.   Oond 200 gr C.   Smeer een groot broodpan of twee kleiner panne met vet of margarine en skep deeg in.  Deeg moet net tot helfte van pan wees.  Bedek liggies en laat pan vol rys.   Bak vir 45 – 60 minute.  Haal uit oond en smeer margarine op kors.  Keer uit op afkoelrakkie.


Article printed from 93.4fm – Radio Namakwaland – Die beste in die weste.: http://www.934fm.co.za

URL to article: http://www.934fm.co.za/an-se-sadebrood/

Copyright © 2013 93.4fm - Radio Namakwaland - Die beste in die weste.. All rights reserved.