Tot Sy eer.
Search

Bobotie

Oond 180 gr C.  Week 2 snye witbrood in bietjie melk.  Braai 4 gekapte uie in bietjie botter. Voeg by: 5 ml fyn gemmer, 10 ml medium kerriepoeier, 30 ml appelkooskonfyt, 10 ml borriepoeier en 10 ml sout. Braai deur en voeg die brood by, asook 1 kg maalvleis, 2 E batjang, 2 E asyn, 2 E worcestersous, 2 E tamatiepasta en halwe k sultanas. Kook 20 min op lae hitte. Roer af en toe. Skep mengsel uit in diep oondbak en gooi vlg oor: 375 ml melk geklits met 2 eiers en knippie sout. Gooi oor vleismengsel en druk 3 lourier- of suurlemoenblare in. Bak vir 1 uur.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos