Bros Oats Koekies

Oond:  200 gr C.   Smelt in kastrol: 4 E gouestroop, 8 E kookwater, 2 t asyn,en 2 k margarine.  Trek af van stoof en roer 2 t koeksoda by. Oppas vir oor skuim.  Sif 5 k bruismeel en 1/2 t sout saam. Voeg 4 k rou oats en 2 k suiker by. Meng met nat bestandele.  Rol bolletjies en druk effe platter met vurk. Plaas op gesmeerde bakplaat en bak vir 30 minute tot bruin. Koel af op afkoelrakkie. Koekies raak bros as dit koud is.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos