Jodetert

Oond 180 gr C.  Korse:  In mengbak: 400 ml bruismeel, knippie sout en 125 ml suiker. Vryf 125 ml sagte botter in en maak aan met 1 geklitste eier.  Laat rukkie staan. Rol deeg dun uit en druk groot ronde koeke met ronde koekpan uit. Tel versigtig op met eierspaan en plaas op gevoerde gesmeerde plat koekiepanne. Bak 2 op ‘n slag. Plaas versigtig op afkoelrakke. Bak ook orige stukkies deeg en plaas eenkant.   Maak vulsel:   In groot kastrol; 1 l melk, 1 E botter, 125 ml suiker. Bring saggies tot kookpunt. Meng saam in groot beker: 2 eiers, 50 ml vlapoeier, 50 ml maizena, 50 ml koekmeel, knippie sout en 1 t vanilla essens. Klits goed deur en gooi stadig by kokende melk. Roer met draadklitser. Kook saggies vir 2 minute. Laat eenkant heeltemal afkoel. Klits af en toe. Plaas een groot koeklaag op bord en dan vulsel, herhaal tot laaste vla bo-op. Krummel orige stukkies koekies en strooi bo-oor. Laat staan ‘n dag of twee voor bedien.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos