Jogurt-Kondensmelk Tert

Koekiekors van 1 pakkie Tenniskoekies, fyngerol en gemeng met 4 E gesmelte margarine. Druk vas in groot tertbak.    Vulsel; Meng saam 500 ml plein jogurt, 1 blik kondensmelk en 1 pakkie rooi jellie, opgelos in 1 k kookwater. Klits goed deur en skep in tertkors.  Plaas in yskas vir 2 ure. Versier met vars vrugte, aarbeie, bessies. appelliefies. Dit hang af van die geur jellie wat jy gebruik.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos