Tot Sy eer.
Search

Pofhappies van skilferkorsdeeg

1 x 400 g winkel skilferkorsdeeg ( ja vergewe maar)

1 eier geklits

Spek gesny en gebraai (of die blokkies)

Paar skywe salami

Paar worsies van jou keuse (ek vat oorskiet braaiword nie doodgebraai tydens braai nie)

Roomkaas

Olywe (opsioneel)

Fetakaas gekrummel

Kersietamaties opsioneel

 

Verhit oond tot 200 C

Sny skilferkors in 4 cm blokkies pak op ‘n laag bakpapier op bakplaat en verf elke blokkie met geklitse eier

Pak jou variasie van vleise en roomkaas asook olywe en tamatie (op die wat jy wil)

Bak in die oond 15 – 20 min of tot uitgerys en gaar.

Warm is dit lekkerder maar kamer temperatuur is ook lekker vir die volgende sport wat jy kyk voor die tv of as voorgereg voor ‘n braai.

 

Bon apetite

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos