Buite-uitsendings op Buurdorpe

Buite uitsendings

Dis Teletontyd op Radio Namakwaland vanaf 27 Julie tot 2 Augustus!!!

As ‘n voorloper het ons die week voor Teleton buite-uitsendings vanaf  buurdorpe wat verder weg van Vredendal is. Kom loer in, kom kuier saam en as jy dalk ‘n bydrae tot Teleton wil maak in die vorm van ‘n donasie of ‘n veilingsitem gaan ons dit verseker verwelkom!! Klop sommer aan by jou vriende, jou familie of die besighede wat jy ken en moedig hul aan om ook betrokke te raak. Ons het almal se ondersteuning nodig.

Ons kuier op die volgende dorpe saam met Jan-Hendrik Kleynhans en Martie-Louise Hunlun:

Dinsdag 21 Julie op Citrusdal vanaf 08:00 tot 10:00 by Citrusdal Spar

Woensdag 22 Julie op Clanwilliam vanaf 08:00 tot 10:00 by Clanwilliam Spar

Donderdag 23 Julie op Lambertsbaai vanaf tienuur tot eenuur by Bayside Spar en

Vrydag 24 Julie op Loeriesfontein vanaf agtuur tot elfuur.

Vir meer besonderhede oor Teleton 2015 en hoe jy betrokke kan raak of kan adverteer, skakel Radio Namakwaland by 027 213 4208

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos