Radio Namakwaland PMR Toekenning

Die Kaapse Weskus leiers en presteerders toekennings deur Prime Media Africa

Radio Namakwaland het tydens ‘n sake ontbyt in Saldanha op 25 April 2013, twee TOP TOEKENNINGS ontvang.

Radio Namakwaland is as die wenner aangewys in die kategorie PLAASLIKE RADIOSTASIE (NUUS EN AKTUELE SAKE) en ontvang die hoogste toekenning,  die DIAMANT TOEKENNING, met ‘n uitstekende  telling.

Radio Namakwaland word ook as wenner aangewys in die kategorie PLAASLIKE RADIOSTASIE (ALGEMENE VERMAAK EN MUSIEK) en ontvang ‘n goue toekenning met ‘n uitstekende telling.

Die uitslae en foto’s van die toekennings sal in die PMR Tydskrif gepubliseer word, waarvan ongeveer 12 000 kopieë gedruk word.  Dit sal ook op PMR se webwerf geplaas word met ongeveer 70 000 besoeke per maand.

PMR Tydskrif word ook versprei na die SADEC lande, Ambassades asokk na Kenia en Saudi Arabië.

Die Bestuur en Direksie van Radio Namakwaland wil  die geleentheid gebruik  om die omroepers van Radio Namakwaland geluk te wens met die uitstekende prestasie.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos