- 93.4fm – Radio Namakwaland – Die beste in die weste. - http://www.934fm.co.za -

Cherry Fudge Mikrogolf

Posted By Natasha Basson On 19/10/2017 @ 2:30 pm In An-na-na Resepte | No Comments

In groot mikrogolf oondbak: 100 gr margarine, 1 blikkie kondensmelk, 2 k strooisuiker en 1/4 t sout.   Mikrogolf op hoog vir 2 minute. Roer goed deur met houtlepel. Mikrogolf verder vir 10 minute, Roer elke 2 minute. Haal versigtig uit oond en klop 1 t vanillageursel by. Roer 125 ml gekapte rooi kersies [cherries] by. Skep uit in gevoerde, gesmeerde bakplaat.  Koel af.  Keer uit op groot houtplank. Trek papier af en sny in blokkies.


Article printed from 93.4fm – Radio Namakwaland – Die beste in die weste.: http://www.934fm.co.za

URL to article: http://www.934fm.co.za/cherry-fudge-mikrogolf/

Copyright © 2013 93.4fm - Radio Namakwaland - Die beste in die weste.. All rights reserved.