- 93.4fm – Radio Namakwaland – Die beste in die weste. - http://www.934fm.co.za -

Dag 12 Dinsdag 20 Augustus

Posted By admin On 20/08/2013 @ 2:09 pm In Zambië Toer 2013 | No Comments

Dag 12 Dinsdag 20 Augustus – McBrides na New Kalala 

Daar word vroegoggend geroer en na ontbyt is die groep gereed om teen agtuur weer die sleg pad na Mumbwa aan te pak.  Hannes Nieuwoudt se bakkie se trekstang het oppad probleme opgetel en  daar is herstelwerk by McBrides gedoen.  Die pad is egter baie sleg en dit neem ons net meer as vier ure om die 102km te ry. Ons is redelik moedeloos, maar ons funksioneer met militêre presisie oor die paaie.  Almal is gerat om mekaar te waarsku oor die slaggate in die pad en daar word behoorlik die hele pad vol gery – wat ‘n gesig. Teen die tyd wat ons in Mumbwa aankom is die probleem op Hannes se bakkie weer daar en word daar op Mumbwa onder baie primitiewe omstandighede herstelwerk gedoen.  Terwyl daar brandstof getap word en inspeksie op voertuie gedoen word, word daar ook ontdek dat Christal Brand se voertuig se sleepstang ook besig is om die gees te gee. Wian Carstens bied dadelik aan om die Bushlapa op sleeptou te neem en hy word sommer ook dadelik as die koekblikkie gedoop as gevolg van al Hannie se koekies wat daarin vervoer word. 

Dit neem ons twee ure om te hervul en nog ‘n uur om te wag vir herstelwerk wat afgehandel moet word.  Oppad  na New Kalala is die pad weer baie sleg.  Ons ry langs die teerpad op die grondpad omdat die grondpad beter is as die teerpad.  Na ‘n rukkie neem Bill Boltman by Hannes oor om hom te help met die sleep van die karavaan.  Net voor skemer is die herstelwerk ongedaan gemaak en sleep Johan Potlood die karavaan verder.  Ons kom die aand donker eers by ons bestemming aan.  Almal is moeg maar die kosspan het vooruit gery en die kos staan gereed by ons aankoms.  Daar word vanaand sommer vroeg ingekruip nadat ons vir ongeveer 12 ure gery het aan die 268km.

  • [1]
  • [2]
  • [3]
  • [4]
  • [5]
  • [6]
  • [7]
  • [8]

Article printed from 93.4fm – Radio Namakwaland – Die beste in die weste.: http://www.934fm.co.za

URL to article: http://www.934fm.co.za/dag-12-dinsdag-20-augustus/

URLs in this post:

[1] Image: http://www.934fm.co.za/wp-content/uploads/2013/07/DSCF2910.jpg

[2] Image: http://www.934fm.co.za/wp-content/uploads/2013/07/DSCF2914.jpg

[3] Image: http://www.934fm.co.za/wp-content/uploads/2013/07/DSCF2918.jpg

[4] Image: http://www.934fm.co.za/wp-content/uploads/2013/07/DSCF2922.jpg

[5] Image: http://www.934fm.co.za/wp-content/uploads/2013/07/DSCF2929.jpg

[6] Image: http://www.934fm.co.za/wp-content/uploads/2013/07/DSCF2934.jpg

[7] Image: http://www.934fm.co.za/wp-content/uploads/2013/07/DSCF2943.jpg

[8] Image: http://www.934fm.co.za/wp-content/uploads/2013/07/DSCF2951.jpg

Copyright © 2013 93.4fm - Radio Namakwaland - Die beste in die weste.. All rights reserved.