- 93.4fm – Radio Namakwaland – Die beste in die weste. - http://www.934fm.co.za -

Dag 6 Donderdag 14 Augustus

Posted By admin On 14/08/2014 @ 3:36 pm In Kruger Toer | No Comments

DAG 6 PUNDA MARIA NA SHINGWEDZI
Donderdag  14 Augustus en die hele groep is soos nou al hulle gewoonte is,  reeds ʼn halfuur voor ons afgespreekte tyd gereed om te ry. Die ontbyt was weereens een om die heel dag te hou. Die afstand vanaf Punda Maria na Shingwedzi is ongeveer 72km. Weereens is daar talle afdraaipaadjies wat jy kan neem vir wildbesigtiging. Shingwedzi lê in die omgewing van drie groot riviere nl. die Shingwedzi, Mpholongolo en die Manzemba en is die tuiste van die grootste olifante in die park. Nyala’s, koedoes, kameelperde, leeus, luiperds en buffels is van die ander diere wat hier besigtig kan word.

Schalk Strauss begin ons dag met  ʼn Geestelike Boodskap en elkeen is Geestelik en fisies gevoed vir die dag.

Die nag was weereens ʼn klank ervaring met ʼn leeu wat ons die heeltyd van sy of haar teenwoordigheid verseker het en ʼn luiperd wat sy kos in die vorm van ʼn jong bobbejaan baie naby die kamp kom haal het. Al die gepaardgaande geluide was deel van die nagsimfonie wat jou laat besef het jy is in die Kruger Nasionale Park.

Ons was negeuur vanoggend in die pad oppad  na Shingwedzi  waar ons twee nagte geslaap het.

Dit neem ons egter 2 en ʼn half uur aangesien nie net die groot aantal diere ons besig hou nie maar by Babalala se pragtige piekniekplek bederf Ria Visagie ons eers met konfyttertjies en fudge soos net sy kan.

Die kampeerterrein by Shingwedzi is groot en die omgewing veral teen die rivier is asemrowend mooi. Daar is diere oral. Op die pad, in die rivierloop, in die bosse. Dit is absoluut die moeite werd om hier te wees.  Behalwe leeus en renoster sien ons seker al die beskikbare diere in die park. Luiperds word ʼn paar keer gesien en net met sononder voor die hekke sluit ook n jagluiperd.

In die kamp word daar na ete ʼn hofsitting gehou en die toerlede skater van die lag.  Die aangeklaagdes is Schalk en Neal  met  Joshua Hattingh as regter, Johan Potlood as staatsaanklaer, Willem Smit die klerk van die hof en Nic van Wyk ʼn prokureur.

ʼn  Veiling  van verlore goedere, ten bate van die toerfonds, word gehou en die eienaars van die goedere moet hulle hande diep in hul sakke steek om hulle eie bekers messe ens. terug te kry.

Die tweede bedryf van” Petronella”  n drama wat deur die toerlede bespreek en op die ou einde met elkeen se slot bydrae tot ʼn einde sal kom word uitgedeel waarna almal lekker moeg bed toe is.

Môre kuier ons in en om Shingwedzi en slaap môreaand weer hier.

  • [1]
  • [2]
  • [3]
  • [4]
  • [5]
  • [6]
  • [7]
  • [8]
  • [9]
  • [10]
  • [11]
  • [12]
  • [13]
  • [14]
  • [15]

Article printed from 93.4fm – Radio Namakwaland – Die beste in die weste.: http://www.934fm.co.za

URL to article: http://www.934fm.co.za/dag-6-donderdag-14-augustus/

URLs in this post:

[1] Image: http://www.934fm.co.za/wp-content/uploads/2014/08/DSCF6035.jpg

[2] Image: http://www.934fm.co.za/wp-content/uploads/2014/08/DSCF6036.jpg

[3] Image: http://www.934fm.co.za/wp-content/uploads/2014/08/DSCF6037.jpg

[4] Image: http://www.934fm.co.za/wp-content/uploads/2014/08/DSCF6044.jpg

[5] Image: http://www.934fm.co.za/wp-content/uploads/2014/08/DSCF6056.jpg

[6] Image: http://www.934fm.co.za/wp-content/uploads/2014/08/DSCF6103.jpg

[7] Image: http://www.934fm.co.za/wp-content/uploads/2014/08/DSCF6110.jpg

[8] Image: http://www.934fm.co.za/wp-content/uploads/2014/08/DSCF6121.jpg

[9] Image: http://www.934fm.co.za/wp-content/uploads/2014/08/DSCF6128.jpg

[10] Image: http://www.934fm.co.za/wp-content/uploads/2014/08/DSCF6130.jpg

[11] Image: http://www.934fm.co.za/wp-content/uploads/2014/08/DSCF6143.jpg

[12] Image: http://www.934fm.co.za/wp-content/uploads/2014/08/Radio-Namakwaland-2014-1-of-1-2.jpg

[13] Image: http://www.934fm.co.za/wp-content/uploads/2014/08/Radio-Namakwaland-2014-1-of-4.jpg

[14] Image: http://www.934fm.co.za/wp-content/uploads/2014/08/Radio-Namakwaland-2014-3-of-4.jpg

[15] Image: http://www.934fm.co.za/wp-content/uploads/2014/08/Radio-Namakwaland-2014-4-of-4.jpg

Copyright © 2013 93.4fm - Radio Namakwaland - Die beste in die weste.. All rights reserved.