- 93.4fm – Radio Namakwaland – Die beste in die weste. - http://www.934fm.co.za -

Klapper Malvalekkers

Posted By admin On 25/08/2014 @ 3:27 pm In An-na-na Resepte,Blogs | No Comments

Rooster 1 en halwe k klapper in pan op stoofplaat. Moenie olie byvoeg nie. Klapper het genoeg olie. Roer aanhoudend op medium hitte tot klapper goedbruin is. Haal van stoofplaat en laat eenkant staan.  Gooi 2 E gelatine in 166 ml koue water. Gooi in groot kastrol: 166 ml water en 375 ml suiker. Roer tot opgelos op medium stoofplaat. Roer gelatine by. Laat tot kamertemperatuur afkoel. Klits met elektriese eierklitser vir 8-10 minute. klits 1 t vanilla geursel by. Skep uit in gevoerde, gesmeerde plat bak met ‘n rand. Na 2 ure, lig met bakpapaier uit op broodplank en sny in blokkies met skerp mes, gedoop in warm water. Rol in geroosterde klapper en werk met 2 vurke.


Article printed from 93.4fm – Radio Namakwaland – Die beste in die weste.: http://www.934fm.co.za

URL to article: http://www.934fm.co.za/klapper-malvalekkers/

Copyright © 2013 93.4fm - Radio Namakwaland - Die beste in die weste.. All rights reserved.