- 93.4fm – Radio Namakwaland – Die beste in die weste. - http://www.934fm.co.za -

Klapper Tert/Poeding

Posted By Natasha Basson On 11/09/2018 @ 3:21 pm In An-na-na Resepte | 1 Comment

Oond 180 gr C.

Klits saam in mengbak: 125 gr sagte margarine, 250 ml suiker, 3 eiers en 250 ml warmwater.  Sif saam: 250 ml koekmeel, 3 t bakpoeier, 2 ml sout. Roer meelmengsel by eiermengsel en roer 500 ml klapper by.  Skep in diep gesmeerde oondbak.  Bak vir 30 minute tot gaar.  Gooi vlg sous oor: kook saam 1 k suiker, 1 k water, 1 t vanilla-essens en knippie sout.    Gooi sous oor gaar tert.  Bedien as tert met geklopte room of met vla of roomys as poeding. Kan ook as koek gebruik word, sprinkel dan fyn klapper oor.


Article printed from 93.4fm – Radio Namakwaland – Die beste in die weste.: http://www.934fm.co.za

URL to article: http://www.934fm.co.za/klapper-tertpoeding/

Copyright © 2013 93.4fm - Radio Namakwaland - Die beste in die weste.. All rights reserved.