- 93.4fm – Radio Namakwaland – Die beste in die weste. - http://www.934fm.co.za -

Molshope

Posted By Natasha Basson On 05/10/2016 @ 3:37 pm In An-na-na Resepte | No Comments

3 tot 4 lekker groot aartappels

groterige klont margarien

2-3 ml bakpoeier

sout na smaak

250 ml room

50g (125 ml) gerasperde cheddar-kaas

Skil en kook die aartappels gewoonweg tot sag. Dreineer en druk dit fyn. Voeg die margarien,bakpoeier,sout en

n bietjie van die room by en klits dit met ‘n vurk tot lig. Smeer ‘n oondvaste bak en skep lepelsvol van die aartappel daarin. Gooi die res van die room oor. Strooi die kaas bo-oor. Bak dit 20-25 minute lank in ‘n voorverhitte oond by 180ºC (350ºF.Lewer 4-6 porsies.


Article printed from 93.4fm – Radio Namakwaland – Die beste in die weste.: http://www.934fm.co.za

URL to article: http://www.934fm.co.za/molshope/

Copyright © 2013 93.4fm - Radio Namakwaland - Die beste in die weste.. All rights reserved.