Klits 1 blikkie koue Idealmelk [in yskas oornag] styf. Voeg 1 blik kondensmelk by en ook 1 blikkie, 290 gr, dessert room. Klits goed deur en voeg dan 160 ml Nesquick by [enige geur] en ook knippie sout, Klits baie goed. Gooi oor in plastiekbak en plaas 45 minute in vrieskas. Klits weer goed deur en plaas weer in vrieskas. Herhaal proses nog 2 maal. Nou het jy heerlike romerige roomys.
Great
Baie lekker gaan dit ook probeer
Ek woon in Moçambique gaan dit defenitief probeer..
Klink baie lekker en na n uitdaging!!. Gaan dit probeer!!!
Is dit 160ml Nesquick poeier wat moet bykom?