- 93.4fm – Radio Namakwaland – Die beste in die weste. - http://www.934fm.co.za -

Peppermintcrisp Tert

Posted By Natasha Basson On 09/05/2019 @ 3:25 pm In An-na-na Resepte | No Comments

Pak helfte van 1 pakkie Tenniskoekies in vierkantige tertbak.

Roer 1 pakkie suurlemoenjellie by 1 k kookwater tot heel opgelos. plaas eenkant.
Klits 1 blikkie yskoue Idealmelk styf en klits dan 1 blikkie karamelkondensmelk by.
Klits effe afgekoelde jellie ook by en 1/4 t pepermentgeursel.
Skep helfte van vulsel op koekies, pak volgende laag koekies bo-op en volg met res van vulsel.  Breek pepermintcrisp sjokolade in stukkies en gooi bo-op tert.
In yskas tot bedien.

Article printed from 93.4fm – Radio Namakwaland – Die beste in die weste.: http://www.934fm.co.za

URL to article: http://www.934fm.co.za/peppermintcrisp-tert/

Copyright © 2013 93.4fm - Radio Namakwaland - Die beste in die weste.. All rights reserved.