- 93.4fm – Radio Namakwaland – Die beste in die weste. - http://www.934fm.co.za -

Skurwe Vierkante.

Posted By admin On 19/01/2015 @ 3:19 pm In An-na-na Resepte,Blogs | No Comments

skurwe vierkante [1]Oond 160 gr C.  Smelt in kastrol op stoof: 250 ml margarine, nie lite, 50 ml heuning. Laat koel af.  Voeg 2 t koeksoda by, pasop, dit skuim erg. Roer dan 2 geklitste eiers by.  Voeg by: 500 ml suiker, 500 ml koekmeel, 500 ml klapper, 750 ml rou oats, 250 ml gekapte neute, 250 ml semels en knippie sout. Meng goed deur en skep in gesmeerde, uitgevoerde oondpan. Bak vir 30-35 minute tot goudbruin. Laat 5 minute afkoel en sny in blokke. Koel heeltemal af en skep blokkies uit met eierspaan.


Article printed from 93.4fm – Radio Namakwaland – Die beste in die weste.: http://www.934fm.co.za

URL to article: http://www.934fm.co.za/skurwe-vierkante/

URLs in this post:

[1] Image: http://www.934fm.co.za/wp-content/uploads/2015/01/skurwe-vierkante.jpg

Copyright © 2013 93.4fm - Radio Namakwaland - Die beste in die weste.. All rights reserved.