- 93.4fm – Radio Namakwaland – Die beste in die weste. - http://www.934fm.co.za -
Vinnige Hoenderkerrie
Posted By Natasha Basson On 30/01/2018 @ 2:49 pm In An-na-na Resepte | No Comments
Braai 1 gekapte ui en 1 gekapte knoffelhuisie in bietjie olie. Roer by: 1/2 t fyn gemmer, 1 t borriepoeier, 1 t fyn komyn, 1/2 t paprika, 1 t opgehoopte, medium sterk kerriepoeier, ‘n knippie rooipeper. Braai vir 2 minute saam. Voeg 8-10 hoenderstukke by en bedek met uie mengsel. Gooi 1 blikkie gekapte tamaties by, ook 160 ml plein jogurt en 160 ml klappermelk. Sout na smaak. Prut saggies vir 40-50 minute tot hoender gaar is. Voeg bietjie water by as vloeistof te min raak. Bedien op wit rys.
Article printed from 93.4fm – Radio Namakwaland – Die beste in die weste.: http://www.934fm.co.za
URL to article: http://www.934fm.co.za/vinnige-hoenderkerrie-2/
Click here to print.
Copyright © 2013 93.4fm - Radio Namakwaland - Die beste in die weste.. All rights reserved.