Dag 1 Kaokoland Toer

Dag 1 Sondag 9 Mei

Die kampterrein Elisenheim, 15km Noord van Windhoek is die versamelpunt waar die toergroep Saterdagaand 8 Mei oorslaap. Ons toerleier, Neal van den Berg, stel die Sondagoggend ons ondersteuningspan, Uri Advertures, aan die groep voor.  Die span bestaan uit Eben Deport en sy vrou Marita, eienaars van Uri Advertures, asook Len en Patric, twee gesoute lede uit die Uri Adventures personeelkorps.    Dis Sondag en boonop Moedersdag en Johan (Potlood) Engelbrecht bring vir ons ‘n gepaste boodskap uit die Woord.   Ter viering van Moedersdag oorhandig die Hoofbestuurder van Radio Namakwaland, aan elkeen van die dames in die groep,  ‘n resepteboek.. Dis ook Nick van Wyk van Aranos se verjaardag en na ‘n heerlike ontbyt vertrek ons na Okahandja waar ons brandstof en proviant aanvul..  Ons ry verder na Otjiwarongo waar die laaste aankope gedoen word voor ons vertrek na die Etotongwe Lodge net buite Outjo.  Ons word bederf met ‘n laaste stukkie “beskawing” in die vorm van ‘n heerlike buffet ete.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos