Dag 10 Kaokoland Toer

Dag 10 Dinsdag 18 Mei

Na ‘n heerlike ontbyt vertrek ons na Enyandi al langs die oewers van die Kunene oppad na Ruacana.  Min het ons geweet die moeilike deel van die roete begin nou eers. Na die baie reën vroeër in die seisoen is die vlak van die rivier steeds hoog, maar dis veilig om die roete te volg. Slegs ‘n week vroëer was die roete nog onbegaanbaar. Die rivier vloei sterk en ons sien net op een plek ‘n krokodil met die verkyker. Vandag se roete neem ons deur groot koepels bome en al is die vordering stadig is dit tog baie opwindend. Dis plek-plek selfs moeiliker as Van Zylspas.  Daar is genoeg tyd om die natuurskoon te bewonder en die plantegroei is verstommend.  Ons kamp in die Enyandi gemeenskapskamp sonder enige geriewe in ‘n area waar die Makalani palms amper ‘n klein woud vorm. Hier vertak die Kunene in tientalle klein stroompies wat eilande vorm met hordes Makalani Palms al langs die rivier.  Die waaghalsiges bad in die rivier, selfs al is water nou so volop

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos