Dag 11 Kaokoland Toer

Dag 11 Woensdag 19 Mei

Ons ry vandag verder Oos in die rigting van Ruacana, verby Swartbooisdrift.  Ons besoek die monument opgerig ter nagedagtenis aan die Dorslandtrekkers wat hier die Kunene oorgesteek het Angola toe.  Dit is  ‘n onbeskryflike mooi roete met baie uitdagings.  Waar ons ry op die walle van die Kunenerivier en Angola op die linkerkant  en die Zebraberge regs deur talle kleiner riviere wat in die Kunene uitloop, is die natuur in sy ongereptheid iets om nooit te vergeet nie.  Die Kunene het ‘n baie unieke ekosisteem met weelderige plantegroei op die oewers wat vinnig oorvloei in byna ‘n woestynlandskap.  Die voëllewe langs hierdie standhoudende rivier wat vir 300 km deur Namibië vloei is volop met die roep van die visarend seker die kenmerkendste.   Ons oornag by die Kunene Island Kampterrein met volledige ablusie geriewe en selfs ‘n swembad wat uit die rivier volgepomp word. Ons beleef een van daardie skouspelagtige sonsondergange waarvoor Kaokoland so bekend is.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos