Dag 13 Kaokoland Toer

Dag 13 Vrydag 21 Mei

Die toer loop vandag amptelik ten einde, maar Ruacana is nog nie die eindbestemming nie.   Na ontbyt vertrek ons rigting suid na ons bestemming anderkant Otjiwarongo waar ons by die Otjiwa Lodge op ‘n privaat wildplaas met uitstekende geriewe gaan oornag. Die rit is lank maar ons vorder goed want ons is nou nie meer op grondpaaie nie. Die roete deur Ovamboland is steeds mooi, maar nie so ongerep soos Kaokoland nie. Ons sê langs die kampvuur ons dankies en raak vervul met ‘n soort heimwee – ons neem nou nie meer net van toerlede afskeid nie, maar van toerfamilie.      Wilke van den Berg wat die vorige aand by ons aangesluit het om die afskeidsfotos te neem en word wakker met ‘n yslike pofadder reg onder sy matras waarop hy geslaap het. Lekker in die natuur né Wilke. Basie en Heleen van Wyk herdenk hulle troudag en slaap in die nabygeleë luukse chalets.  Memories are made of this!

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos