Dag 3 Kaokoland Toer

Dag 3 Dinsdag 11 Mei

Ons sit ons reis deur die Khowarib Schlucht voort.  Na ‘n paar kilometer draai ons af in die rivierloop van die Hoanibrivier.  Die rotsformasies is onbeskryflik mooi.  By ‘n fontein wat lekker sterk rivier af vloei, maak ons die waterkanne weer vol.   Party gebruik sommer die kans om in die watervalle af te koel voordat ons verder ry tot by  Sesfontein waar daar geen brandstof is nie.  Hiervandaan ry ons verder, in die loop van die Hoanibrivier waar die stof selfs erger is as tot by Sesfontein, maar ons beur voort.  Ons draai weg uit die rivierloop tot by die Ongongo fonteine waar ons middagete geniet en weer lyf natmaak – onvergeetlik mooi en ‘n heerlike lafenis!  Ons ry terug na die Hoanibrivier en maak boskamp in die rivier tussen die berge.    Ons sien vars olifantspore en is vol afwagting oor die volgende dag,….gaan ons die woestyn olifante te siene kry…?

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos