Dag 5 Kaokoland Toer

Dag 5 Donderdag 13 Mei

Dis Hemelvaartdag en na ontbyt en ‘n Hemelvaartdiens ry ons dieper in Kaokoland in. Verby Puros ry ons verder in die droë rivierloop van die Hoarusibrivier.  Ons gewaar nog woestynolifante en kameelperde.  Die woestynolifante is van die selfde spesie as ander Afrika olifante, maar dis een van slegs twee groepe wat in woestynagtige dele voorkom – die ander is in Mali in Noord Afrika.  Hul liggaamsgewig is minder, maar hulle pote is groter as die wat in gunstiger omstandighede voorkom.  Verder rivier op kry ons die vars oorblyfsels van ‘n jong Sebra.  Ons kry die drie leeus wat dit gevang het en neem mooi fotos. Ons is voorwaar bederf om soveel leeus te kry en dit alles op een toer!  Net voor Orepembe beweeg ons oor na die Khumibrivier.  Hierna verander die omgewing drasties van die baie klipperige dele met pragtige berge tot ‘n area met verstommende bome en weliger plantegroei.  Ons slaap ongeveer 80 km van Van Zyl’s Pas af in ‘n droë rrivierloop naby die Otjihaa Village

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos