Dag 6 Kaokoland Toer

Dag 6 Vrydag 14 Mei

Die Himba vroue van die Otjihaa Village kuier vroegoggend saam met ons. Ons is nou oppad na Zyl’s Pas toe en is oorbluf deur die groot verskeidenheid boomspesies waaronder die Kremetart, Bottelbome, Mopanie, Boesmangif en baie ander volop is.  Ons besoek die grafte van Herero Hoofmanne en dele van die pad in aanloop na die pas is baie moeilik en word daar geklim en geklouter.  Die pas, wat ongeveer 10,6km lank is,  is vernoem na Ben van Zyl wat in 1960 ‘Bantu Kommissaris” van die Kaokoveld was.  Hy en sy regterhand, Jeremia en ‘n span Himbas het verskeie roetes in die Kaokoland gebou.  Die toergroep is baie opgewonde om die eerste gedeelte van die pas aan te pak – dit waarna almal so uitgesien het.  Die eerste gedeelte verloop vlot en ons besluit om halfpad te oornag aangesien ons nie voor donker die onderpunt  kon bereik nie.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos