Dag 7 Kaokoland Toer

Dag 7 Saterdag 15 Mei

Die groep is vroegoggend reg vir die res van die Van Zylspas.  Daar word eers by die uitkykpunt gestop om die asemrowende vlaktes van die MarienfluB te besigtig.  Die MarienfluB lê tussen die Otjihipa-, Baynes-, en Hartmansberge.  Die Hartmansberge lê aan die Westekant en die Otjihipaberge – wat op plekke tot 1500 m hoog is, aan die Oostekant.  Tydens goeie reëns word die sanderige vallei omskep in ‘n grasland wat troppe gemsbokke, springbokke, volstruise en ander wildsoorte lok.  Dis hier waar die onverklaarbare ‘fairy circles’ of kaal sirkelvormige kolle voorkom.  Ons ry Noord tot by die Kunenerivier waar ons by Otjinungwe met sy heerlike geriewe oornag. Ons swem saam met die korkodille en speel uit om die Botsjabal-kampioene aan te wys

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos