Dag 8 Kaokoland Toer

Dag 8 Sondag 16 Mei

Dis Sondag en na ons erediens draai ons terug Suidwaarts weg van die Kunene af.  Dis weer harde Kaokoland paaie met talle verrassings.  Die grasvelde is groen en die diere volop.  Dis byna soos ‘n Serengeti in die kleine.  By Rooidrom stop ons eers vir ‘n wyle om groepfoto’s  te neem voordat ons die Rooidrompas aanpak.  Dis plek-plek selfs slegter as die Van Zylspas.  Die Himba/Herero boere wys hulle kan suksesvol boer – ons ry by trop beeste van 400 of meer stuks verby en hulle kondisie is goed.  Van die voertuie se brandstof raak min en Opuwo is nog ver.  Ons slaap die nag in die loop van die Hoarusibrivier met die donkiehingste wat ons geselskap hou.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos