Kaokoland Toer – 8 tot 22 Mei 2010

KAOKOLAND

Kaokoland is geleë in die noordwestelike gedeelte van Namibia en is een van die laaste oorblywende wildernisgebiede in Suider-Afrika.  Die totale oppervlakte beslaan ongeveer 49 000km2.  Kaokoland word in die Noorde deur die Kunenerivier van Angola geskei.   Die Otjihipaberge vorm die Oostelike grens met Ovamboland en die Etosha Nationale Park. terwyl die Hoanibrivier die Suidelike grens met Damaraland vorm en die Hartmansberge in die Weste Kaokoland van die Atlantiese Oseaan skei. Dit is ‘n wêreld van ongelooflike berglandskappe en vlaktes en die tuiste van die nomadiese Himba mense, afstammelinge van die Herero”s wat die area reeds gedurende die sestiende eeu binnegekom het. Hulle trek met hulle beeste en bokke oor groot afstande op soek na die beste wieding. In terme van wildlewe is die streek seker die meeste bekend vir die seldsame woestyn olifante, swartrenosters en kameelperde. Die topografie wissel van ruwe berge in die suide, talle dolomiet koppies verder noord van die Hoarusibrivier en die Marienflussvallei nog verder noord.  Die Marienflussvallei is baie mooi en relatief groener as die Hartmansvallei. Die hoogste piek (2 039m) is in die Baynes Berge wat oos van die Otjipaberge gelee is.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos