Dag 10 Maandag 18 Augustus

DAG 10 SATARA EN OMGEWING

Maandag 18 Aug. en ons is in die laaste week van hierdie heerlike kuier in die Kruger Nasionale park. Ons het mos darem gisteraand al aangekom en kamp gemaak. Dus was die hele dag vandag beskikbaar vir rondry en diere soek of natuurlik sommer in die kamp bly en lekker kuier. En was die kuier lekker.

Joey en Hannes Niewoudt was sommer al baie vroeg op en is met ʼn wildbesigtigingsrit al 5 uur uit die kamp uit. Dit was vir hulle wonderlike belewenis en hulle het sommer ʼn klomp diere gesien. Onder andere renosters en leeus.

Die groep het die hele omgewing om Satara plat gery op soek na diere wat hulle nog nie so ver op die toer gesien het nie, soos bv. wilde honde. Die het nog nie hul verskyning gemaak nie en ʼn mens wonder of dit gaan gebeur met slegs 120 van die gediertes in die hele wildtuin.  Die hiënas van laat gistermiddag was vandag weer daar en die keer in helder sonlig.

Aandete het n heerlike verrassing opgelewer met T Been op die kole. Die manne het kans gehad om self te braai en dit het natuurlik uitgeloop op ʼn baie lekker kuier.

ʼn Groep van 17 is vanaand op ʼn nagtelike wildbesigtigingsrit en ons kan nie wag om te hoor wat hulle alle ervaar het nie….

Môreoggend is dit vroeg opstaan aangesien dit die langste ryafstand in die park is . Honderd en sestig kilometer klink  dalk nie ver nie maar teen 50kpu, Sukuza as ʼn stilhouplek en altyd die moontlikheid van diere langs en op die pad, kan dit ʼn hele paar ure neem voor ons ons laaste kamp van die toer in die wildtuin opslaan.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos