Dag 12 Woensdag 20 Augustus

DAG 12 BERG-EN-DAL EN OMGEWING

Dis Woensdag en ons laaste dag in die Kruger Nasionale Park.  Dit voel onwerklik dat nege dae in die Park so gou kon verbygaan.  Daar word ekstra vroeg opgestaan en vroeg ontbyt om ons meer ure in die dag te gee.

Vandag is ‘n groot dag vir Oom Jannie en Tannie Esme Burger, want dit is hulle 55ste troudagherdenking.  Oom Jannie kry die geleentheid om ons so bietjie te vertel van hul ontmoeting en die begin jare saam.  Daarna hanteer hy ook vir ons die oggend stiltetyd.  Na al die verrigtinge vertrek almal om vir oulaas die gebied rondom Berg-en-Dal, Pretoriuskop, Skukuza, Krokodilbrug en Onder-Sabie te besigtig. Daar word heelwat renosters gesien – tot ses bymekaar – leeus, luiperds, olifante en heelwat voёls.

‘n Deel van die groep besoek ook vandag die plaaslike suikerverwerkings fabriek op Malelane.  Ander gebruik di e geleentheid om hul motors te was en ander kuier sommer net in die pragtige kamp.

Na ete word Johan (Potlood) Engelbrecht weer die geleentheid gegee om stories te vertel. Daar word ook geskenke uitgedeel aan toerlede wat besonderse ervarings beleef het. Die vier toerlede wat iets in gemeen gehad het was Johan Engelbrecht, Hannie Brand, Hannes Nieuwoudt en Nick van Wyk.  Ons praat nie graag uit nie so as julle meer wil weet kan jul gerus by hulle navraag doen sodat hul self van hul wedervaring kan vertel.

Donderdag gaan ons die natuurskoon geniet in die Sabie en Graskop omgewing.

 

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos