Dag 4 Dinsdag 12 Augustus

DAG 4 TSIPESE FOREVER RESORT NA PUNDA MARIA

Dis Dinsdag en vir die helfte van die groep is dit n baie spesiale dag want dit sal later vandag hulle eerste ontmoeting met die Kruger Nasionale Park wees.  Na ‘n Geestelik inspirerende boodskap deur  Johan Potlood,  geniet ons  ‘n stewige ontbyt wat die kosspan onder leiding van Elize de Klerk van douvoordag af voorberei het  en daarna is almal gereed om die 100km na Pafuri toe aan te pak.

Langs die pad  word daar eers ‘n goeie voorraad hout gekoop en allerhande planne moet gemaak word om die eienaar van die hout op te spoor en te betaal.

By Pafuri, ons ingang na die Kruger Wildtuin, is die personeel ietwat oorweldig deur die groot aantal voertuie in een konfooi en nadat ekstra vorms gedruk is kan ons al die administrasie afhandel en ons voete en wiele in die Park sit.

Sommer vroeg al is ons oorweldig deur die natuurskoon. By ‘n piekniekplek,  ‘n kort entjie van die ingangshek af is die eerste diere al daar en geniet ons die teenwooordigheid van ‘n groot aantal  rooibokke, njalas, seberas, blouwildebeeste, seekoeie, krokodille en olifante.  Almal is beindruk en dis duidelik dat hier ‘n reuse toer wag.

Oppad van die piekniekplek teen die Luvuvhurivier na die kampeerterein by Punda Maria is daar weereens heelwat wild te sien, nog olifante en kameelperde en weer en weer is dit olifante totdat ons by Pundu Maria, waar daar twee olifante ons by die hek inwag.

Die aand word daar weer saam om die  kampvuur gekuier en die nuwelinge hou hulle inlywingskonsert. Hulle hou hulle konsert met oorgawe en die res van die groep geniet elke oomblik daarvan.

 

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos