Dag 5 Woensdag 13 Augustus

DAG 5 PUNDA MARIA EN OMGEWING

Dis Woensdagoggend die 13de Augustus. Ons vyfde dag van hierdie toer lê voor.  Dis ʼn pragtige bewolkte dag toe ʼn klomp van ons sesuur koffiedrink om eers n draai te gaan ry op soek na ʼn luiperd wat dalk in die koppe buite die kampterrein skuil. In Vrugtelose soektog en almal is halfnege terug en gereed vir ontbyt.

Liesie Straus van deel ʼn stukkie persoonlike getuienis met ons en die meeste van ons is gereed om die dag in die Kruger Wildtuin se bosveld deur te bring. Enkeles gebruik egter die dag om net n bietjie te rus en in die kampterreine agter te bly en lekker met ou en nuwe vriende te kuier.

Die klomp wat gery het se moeite is beloon met troppe olifante. Sommige sommer net langs die pad en ander by pragtige watergate en daar word sekerlik honderde foto’s geneem.  Dana Swanepoel is die eerste toerlid wat gelukkig genoeg is om ʼn leeu in die Kruger te sien en te fotografeer.

Terug in die kamp het elkeen ʼn storie om te vertel en dis duidelik dat almal in die groep dien toer terdeë geniet. By aandete is Johan Potlood weer die storieverteller  en later kry elkeen ʼn kans om deel te neem aan ʼn aanlasstorie….

Dis duidelik dat die klomp moeg is van die dag se rondry en negeuur is die meeste al in die bed.

Môre is ons oppad Shingwedzi  toe, 72 km van waar ons nou is. Daar wag ʼn nuwe kamp en  ʼn nuwe omgewing op ons.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos