Dag 7 Vrydag 15 Augustus

DAG 7 SHINGWEDZI EN OMGEWING

Dis Vrydag en die eerste week van hierdie wonderlike toer deur die Kruger Wildtuin is halfpad.  Eintlik wil nie een van ons daaraan dink nie…want elkeen van die toerlede geniet elke oomblik.

Vandag was dit jou keuse hoe jy jou tyd wil spandeer. Of jy nou die dag in die veld wou deurbring en of jy sommer net wou kuier en of jy dalk op die houtdek met die asemrowende uitsig oor die rivier en verbylopende diere wou sit.  Dit was jou keuse.

Die lede wat besluit het om te ry was nie teleurgesteld nie. Binne enkele kilometer het hulle die voorreg om vier van die Groot Vyf te sien. Op dieselfde pad is daar ʼn Luiperd, sewe leeus, ʼn paar honderd buffels en baie olifante.  Dis net die renoster wat nog op die paar dae in die Kruger nie te siene was nie. Die hoop  is egter daar dat hulle binnekort in sig sal wees.

Daar is weer vanaand  om die vuur gekuier met  Johan, Bernard en ons kosma  Elize wat stories vertel het en die hele groep weer laat skater het van die lag.

Môreoggend word daar vroeg opgepak vir ʼn kort rit van 60 km na Tsendze waar ons dit so ʼn klein bietjie gerieflik gaan ervaar maar almal sien uit na die een nag wat ons hier gaan spandeer.

 

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos