Dag 8 Saterdag 16 Augustus

DAG 8 SHINGWEDZI NA TSENDZE

Na ‘n heerlike nagrus word daar vroeg ontbyt sodat ons halfnege in die pad kan val.  Die afstand vanaf Shingwedzhi na Tsendze is net 62 en daar word besluit om die afstand in ‘n konvooi te ry. By Tsendzi aangekom word daar dadelik kamp opgeslaan en daarna vertrek elkeen op sy eie roete met sy eie missie om die diere te besigtig.  Die diere is minder maar die Mooiplaas roete verras ons almal.  Daar vind ons  ‘n trop van ongeveer 200 Zebras en ‘n ander van ongeveer 500 buffels.  Ons sien ook elande, tsetsebes, seekoeie, olifante, krokodille, volstruise, weereens ‘n leeu, blouwildebeeste, waterbokke en rooibokkies.

Van die toerlede het by die Mopanie kamp gaan inloer en die restaurant benut vir daardie welverdiende koffie.  Ons is weereens baie beindruk met die kampe binne die Kruger Nasionale Park.  Al is ons ‘n groot groep mense ondervind ons geen probleme by enige van die kampe nie.  Die diens is puik, die kampe goed versorg en die mense baie vriendelik en behulpsaam.

Vanaand word daar gebraai en na ete is dit weer tyd vir kuier om die kampvuur.  Ons aktiwiteit van die aand is stomstreke en  die kompetisie vind plaas tussen die mans en die vrouens.  Tot groot vermaak van die groep tree die mansspan as wenners uit die stryd.

Daar word nie baie laat gekuier nie want Sondag is weer ‘n lang dag.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos