Dag 9 Sondag 17 Augustus

DAG 9 TSENDZE NA SATARA

Dis Sondagoggend! Daar word vroeg opgestaan en na ontbyt word daar kerk gehou.  Na die boodskap van Hannes Nieuwoudt vertrek ons in ‘n konvooi na Satara, ongeveer 70km vanaf Tsendze.  Langs die pad kuier ons eers op Letaba by die Olifansmuseum.  Daarna vetrek ons na Olifantskamp waar ons ‘n pragtige uitsig oor die Olifantsrivier kan geniet.

Ongeveer 16 km vanaf Satara kry ons weer ‘n verrassing met ‘n luiperd wat met sy prooi, ‘n jong blouwildebees in die boom sit.  Daar word druk foto’s geneem om dit as ‘trofee’ huistoe te neem.  Dit bly ‘n groot gebeurtenis vir enige fotograaf.

By Satara word daar sospoedig moontlik kamp opgeslaan waarna toerlede weer op die verskeie roetes vertrek om te kyk of hulle nie die eerste een kan wees om iets nuut te sien nie.  PAS  en Marina le Roux is dan ook die gelukkiges om op ‘n trop leeus in die pad af te kom.  Hulle is ook gelukkig om die eerste Hiёnas te sien.

Vandag het ons ook onder andere weerrooibokke, waterbokke, olifante, sebras, volstruise, kameelperde, blouwildebeeste, buffels, seekoeie en dan ook ratels as ‘n bonus.

Terwyl ons hier besig is met die blog is dit doodstil, want di emeeste mense het al gaan rus.  Net die naggeluie is nou hoorbaar en daar ver, die gelag van ‘n hiёna.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos