KINDERS SE RADIO BETROKKENHEID
Vanaf 25 tot 31 Julie tussen 18:00 en 19:00 kuier oom Karoolus en Lente by ons in die Ateljee. Ons kinders kan gedurende daardie tyd inskakel ateljee toe en hul geliefkoosde liedjie op die lug sing. Vir elke kind wat inbel en ‘n liedjie sing, skenk Bierman van Zyl Oogkundiges R100.00 vir Teleton. Baie dankie aan Bierman van Zyl Oogkundiges. Die nommer om te bel is 027 213 4208
BESOEKE AAN SKOLE
As deel van Teleton 2016 kuier Oom Karoolus en Lente weer vanaf 19 tot 29 Julie by ons kinders in die skole in die ontvangsgebied van Radio Namakwaland. Die lys van die skole wat besoek gaan word is hier onder beskikbaar.
Laai die program af in PDF formaat : RADIO NAMAKWALAND TELETON SKOLE UITREIKE