Dag 14 Donderdag 22 Augustus

Dag 14 Donderdag 22 Augustus – ons kuier op Livingstone

Daar word vanoggend bietjie later geslaap. Die groep kom eers halfnege bymekaar vir ontbyt. Daarna vaar ons Livingstone binne, elk met sy eie missie. Hannes en Christal se voertuie moet ingaan om die trekstange te herstel. Die nuwe trekstang is via die satellietfoon vanaf Lusaka bestel en wag reeds op Livingstone – gereed om geinstalleer te word. Willem, Schalk en Bernard kies koers na die bande herstelplekke. Die res van die groep is vandag net toeriste en benut die dag ten volle. Daar word in stalletjies gekuier, die Victoriavalle word besoek en helikopter ritte word onderneem.

Vroegoggend word ‘n groot groep olifante, ongeveer 80 tot 100 van hulle, sommer in die hoofstraat tussen die verkeer tot die verbasing van toerlede opgemerk. Die stof word van motors afgewas en die motors word reggepak want die stofpaaie is iets van die verlede. Die groep geniet dit om weer in die ‘beskawing’ terug te wees.  Daar word na ete ook bietjie langer gekuier want almal is uitgerus en Vrydag is ons laaste dag op die pad vir die afsluiting op Mahango.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos