Dag 3 Sondag 11 Augustus

Dag 3 : Sondag 11 Augustus 2013 /  NKwazi Lodge na Namwi  Island Camp, KatimaMulilo (513km)

Vanoggend word daar vroeg opgestaan.  Dis Sondag en net na ontbyt word daar soos oudergewoonte op die vorige toere op ‘n Sondag kerk gehou.  Johan Engelbrecht is ons reisende gemeente se ‘predikant’ en hy praat met ons oor die skepping.  Hy vra dat ons tydens ons toer mooi sal kyk na alles wat God vir ons geskep het en dat ons dit sal waardeer.  Na die erediens vertrek ons na Katima Mulilo, so ongeveer 513km verder.  Die reis verloop goed en sonder enige probleme.  Almal is nou vertroud met die prosedure van so ‘n groot groep en dit vlot baie beter as die eerste dag.  Ons kom lekker vroeg by ons bestemming aan en daar word heerlik gekuier by seker een van die mooiste kampplekke in Namibie, naamlik Namwi  Island Camp.  Aandete is weer uitmuntend en ons kosspan bestaande uit Hermien van den Berg, Werner en Paulus bedien vir ons butternut sop met ‘n broodjie vir voorgereg, skaapskenkel gereg vir hoofgereg en heerlike gebakte poeding met roomys vir nagereg.  Die groep begin reeds gemaklik saam kuier.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos