Dag 5 Dinsdag 13 Augustus

Dag 5 : Ons kuier steeds by Kabula Lodge langs die Zambezi Rivier

Dis Dinsdag  en die druk is nie so groot soos ander oggende nie, want ons slaap twee aande by Kabula. Na’ n heelike ontbyt is die hele groep oppad en ons ry 60km Noord tot by Sioma Waterval. Dis die tweede hoogste waterval in Zambië en ‘n pragtige gesig. Die verwagting van ‘n lekker vinnige motorboot om almal in die kortste moontlike tyd op die eiland te kry met die mooiste uitsig word vinnig gesink toe daar ‘n man met ‘n 4 sitplek bootjie  en 2 roeispane opdaag. Op die ou  einde is dit een groot avontuur en almal geniet die uitstappie, maar die manne is nie sterk genoeg om almal na die eiland te neem nie.

Terug by Kabula  word daar gerus en teen vieruur is dit weer tyd om bietjie op die water te kom, op soek na daai tiervisse. ‘n Seekoei laat een groep baie groot skrik toe hy onder die vlot waarop hulle kuier opkom.  Behalwe vir ‘n paar mense wat van hulle stoele afgegooi word en een wat kneusplekke opgedoen het, is daar wonderbaarlik geen ander beserings nie.  Ons word weer almal daaraan herrinner  dat wilde diere altyd as gevaarlik beskou moet word en dat mens nooit te naby aan hulle moet kom nie.

Teen sononder is die nuwelinge in die groep  hard aan die  voorberei vir die aand se konsert. Dit is tradisioneel die gewoonte om nuwelinge so in te lyf.  Hulle het die groep laat skaterlag en almal geniet die aand verder.  Almal is opgewonde oor die die feit dat ons die volgende dag met die pont oor die rivier sal beweeg.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos