Radio Namakwaland Gholfdag 2021


Event Details

  • Date:

Die 2021 Radio Namakwaland gholfdag word vanjaar aangebied by Lutzville Gholfklub op Saterdag 15 Mei 2021.

Die formaat is weer ’n beterbal met twee spelers per span. Die span wat hierdie geleenthed wen, sal as die 2021 Radio Namakwaland Gholfkampioene aangewys word. Weens die Covid-19 regulasies word die kampioenskap wat gewoonlik oor twee dae by verskillende bane aangebied word net op een dag gehou.

Die inskrywingsfooie beloop R250.00 per persoon, wat ‘n ete by die prysuitdeling insluit. Ekstra etes vir gades sal beskikbaar wees @ R50 elk. Covid-19 regulasies sal bepaal hoe die prysuitdelingfunksie sal geskied.

Die kontakbesonderhede vir inskrywings op Lutzville is: Oubaas Kersop 083 230 4801.