Murgpampoentjie gebak
Bestanddele
350 g murgpampoentjies
1 groot eier
½ k gerasperde pecorinokaas
½ k panko-krummels (japanese krummel vir diepbraai doeleindes)
Vervang panko krummels met gewone broodkrummels
1 fyngemaakte knoffelhuisie
Rasper die murgpampoentjies en druk dit met handdoekpapier droog.
Meng met die eier, pecorinokaas, panko-krummels en knoffel.
Skep eetlepels vol van die mengsel op ’n groot bakplaat wat met kleefvrye kossproei gespuit is en vorm langwerpige hopies.
Bak by 180 °C vir 20 minute tot goudbruin. Draai ná 10 minute om.
Sit voor met ’n sous van suurroom en vars grasuie.