Soja-Suurlemoen Varktjops

Plaas 4 varktjops in glasbak. Meng vlg saam: 4 fyngekapte knofflehuisies, 2 E suurlemoensap, 80 ml sojasous, 2 E worcestersous en 1 E canola-olie. Gooi oor varktjops en verseel met kleefpapier. Plaas in yskas vir 2 ure. Plaas varktjops in oondpan en sprinkel braaivleisspesserye oor. Smeer van sous oor tjops. Bak vir 1 uur in 180 gr C oond. Draai na 30 minute om en smeer nog sous oor. Die tjops kan ook oor medium- warm kole gebraai word.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos