Tamatiesop Maalvleiskoekies

1 groot ui,fyn gekap

Olie

10 sny witbrood,korsies verwyder

250 ml melk

500 g maalvleis

1 groot eier geklits

80 ml tamatiesop (helfte van 90 g pakkie)

60 ml blatjang

15 ml fyngedruktre knoffel

10 ml aromat, (rissie en biefgeur)

5 ml swartpeper

Voorverhit oond tot 160ºC. Bespuit ‘n groot oondvaste bak. Soteer ui in ‘n bietjie olie tot sag en deurskynend. Week die brood in melk. Druk orige melk uit en verkrummel. Meng al die bestanddele in ‘n mengbak. Vorm bolletjies en pak redelik styf teen mekaar in die voorbereide bak. Bak 40-60 min. lank of tot gaar. Lewer 22 koekies.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos