Tot Sy eer.
Search

Aarbei Kaaskoek

Maak koekie kors van 1 pakkie fyngerolde Tenniskoekies, gemeng met 3 E gesmelte botter. Druk vas in ronde losboompan, Vulsel: Smelt 200 gr wit sjokolade en meng met 2 bakkies gladde roomkaas by kamertemperatuur. Skep op kors. Neem 1 blikkie ingelegde aarbeie en gooi versigtig in kastrolletjie. Verhit en roer 1-2 t mielieblom, gemeng met bietjie van die stroop, by. Roer versigtig tot dik. Koel heeltemal af en skep versigtig bo-oor kaaskoek. Plaas in yskas tot bedien. Versier verder met vars aarbeie.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos