Tot Sy eer.
Search

Aarbei Kaaskoek

Maak krummel kors van 1 pakkie Tennis koekies, fyn gerol en gemeng, met 4 E gesmelte margarine. Druk vas in glas tertbak. Meng 1 L houer aarbei jogurt met 1 blikkie kondensmelk. Skep in kors en mikrogolf vir 5 minute op Hoog. Koel af in yskas. Neem een blikkie ingelegde aarbeie met stroop en gooi in kastrolletjie, voeg knippie sout en 1 E suiker by, roer tot kook en maak dik met 1 t mielieblom [maizena] met bietjie water gemeng. Koel af en skep bo-oor kaaskoek.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos