Aarbei Maaskaas Tert

Maak kors van 1 pakkie Tenniskoekies. Rol fyner en meng met 4 E gesmelte margarine.   Druk vas in losboompan of gewone diep tertbak.          Dreineer 1 blikkie aarbeie en gooi aarbeisap in kastrol. Bring tot kookpunt en roer 1 t maizena, gemeng met bietjie water by.  Roer tot blink en effe dik.  Roer 1 pakkie aarbei jellie by 1 k kookwater tot opgelos en roer by aarbeisap.   Plaas eenkant om af te koel.      Klits saam: 1 blikkie kondensmelk, 1/2 k suurlemoensap, 1 houer gladde maaskaas en knippie sout. Roer 1 E gelatine in 1/4 k lou-warm water tot glad en klits by maaskaasmengsel. Klits 250 ml room styf en roer 1 t vanilla by. Vou by maaskaasmengsel in.  Skep vulsel in kors, onthou om die kante van die losboompan te spuit as jy dit gebruik.  Pak gedreineerde aarbeie bo-op en gooi afgekoelde sapmengsel versigtig oor agterkant van ‘n groot lepel oor die vulsel.  Laat stol in yskas.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos