Aarbei Yogurt Tert

Maak kors van fyngerolde Tenniskoekies en 4 E gesmelte margarine en druk vas in groot tertbak.  Los 2 pakkies rooi jellie op in 1 k kookwater. Klits 1 blikkie, yskoue Idealmelk styf en gooi jellie stadig by terwyl jy klits.  Klits ook 1 blikkie kondensmelk en  500 ml aarbei yogurt by.  Gooi vulsel in tertkors en plaas in yskas.  Sprinkel vars koekiekrummels oor voor opdien.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos