Tot Sy eer.
Search

Aartappel en Kaas Gebak

Oond 180 gr C.  Sny 6 aartappels in dun, plat skyfies. Spoel af in koue water en druk droog met skoon vadoek. Braai 2 fyngekapte uie in bietjie olie tot sag. Pak een lagie aartappels onderin, goed met botter gesmeerde oondbak, sprinkel sout en peper oor, dan van die uie, dan gerasperde kaas. Begin dan weer met lagie aartappels en volg met uie en kaas tot alle bestandele opgebruik is. Meng 250 ml room  met 125 ml melk en roer 2 E uie/sampioen soppoeier daarin. Gooi bo-oor aartappels. Strooi nog kaas oor en bak vir 50-60 minute tot skerp messie maklik deur aartappels gesteek kan word. Bedien by braaivleis of vis.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos